Strangford Lough

'n Kaart van Strangford Lough
'n Wikingboot tydens die Magnus Barelegs-Wikingfees in Delamont Country Park, Killyleagh
Strangford Lough kort nadat 'n reënbui oor die gebied uitgesak het
Die Scrabo-toring bied 'n uitsig oor Newtownards en Strangford Lough
South Island
Die Nendrum-klooster se ruïne: kloosterkerk en ronde toring
Wikingkos mag geproe word tydens die Wikingfees in Delamont Country Park

Strangford Lough (afgelei van Oudnoors Strangr Fjörðr, "groot see-inham") is 'n groot see-inham (of see-loch) in die graafskap Down in die ooste van Noord-Ierland. Met 'n oppervlak van 150 km2 is dit die Britse Eilande se grootse see-inham. Die inham word byna volledig omsluit deur die Ards-skiereiland en word net deur 'n lang nou seestraat met die Ierse See se Noordkanaal (Engels: North Channel) verbind. Die see-inham is sowat 16 myl of 26 km lank en 4 myl (6 km) wyd. Die gebied is al duisende jare bewoon, soos uit argeologiese vondse blyk. Mesolitiese jagters en versamelaars het hul spore langs Strangford Lough gelaat, net soos Sint Patrick, Wikings en Anglo-Normandiese veroweraars.

Gedurende die Middeleeue en die vroeë moderne tydperk het die inham onder sy Ierse naam Loch Cuan bekend gestaan wat "see-inham van baaie/hawens" beteken. Vandag is Strangford Lough danksy sy natuurskoon en ryk fauna 'n gewilde toeristetrekpleister. Die belangrikste nedersettings langs sy oewers sluit Killyleagh, Comber, Newtownards, Portaferry en Strangford in. Die twee laasgenoemdes word deur 'n motorveerboot met mekaar verbind.

Daar is sowat sewentig eilande in die waterliggaam se hoofgedeelte, naas talle klein eilandjies (wat plaaslik pladdies genoem word), baaie, landpunte en moddervlaktes. Strangford Lough was Noord-Ierland se eerste seebewaringsgebied wat ná die afkondiging van die Noord-Ierse Seewet van 2013 - die Marine Act (Northern Ireland) 2013 - aangewys is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy